button to home page of arteloo and vdlo art gallery
button to about the artist vdlo
button artwork at arteloo of artist vdlo
button to journal of artist vdlo at arteloo
guestbook of artist vdlo at arteloo
button to contact details of vdlo at arteloo
 
poetry

swyg

vdlo 2006

Onthou jy nog kleilat gooi op die plaas,
duiwe met die windbuks skiet,
foefie-slide, van die windpomp tot in die dam,
en perd ry sonder saal geniet.

Die eenvoud van die stofpad
was altyd, propvol pret.
Elke dag is vol uit geleef
en baie min is belet . . .



VERRAAIERS!
Julle het my stofpad met teer besmet,
die dolk van ‘moet’ in my siel gebed.
Nou, swaar my treë op teer wat trek,
soveel keer begeer: ek was eerder vrek.

SWYG!
in herhaling van opgekropte ‘moet’.
My emmer is vol! Ek moet hier uit!
Liefde, vat my hand en sleep my saam!
Beloof lafenis uit jou skoon spruit!

Van uit jou spruit, fontein nuwe lewe.                                   
Gister is agter gelaat, en
ek is amper in staat om te vergewe,
maar is daar ‘n slot vir hierdie deur?

Die teer aan my voete het die spruit gevlek.
Moet’ wurg voort, versteek in ander kleure,
Tyd vorm fonteine wat nuwe moed sou bring, en 
moet’ eis nou, self hier, wat oor is van my lewe.

Jou gister en vandag is deur mekaar geknoop.
‘n Kraaines van onophoudelike opkropping waar
die kake van ‘moet’ aan jou vreet soos ‘n suur wat
die vlees verteer tot die wit kalk van been ontbloot.
Waar is die genade dan?

back to top

button to contact details for arteloo and webmaster button to site map button to copyright of arteloo
Button to Paintings of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Drawings of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Sculptures of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Diary entries of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Poetry of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo