|
greep van die wurgvy
Die greep van die wurgvy —
stelselmatig, ongemerk,
onafwendbaar, konstant versterk
tot kloue van begrip binne dring
en wegkwyn, ‘n asemlose holte bring.
Verwerp verskille wat vye laat wurg.
Verfyn vervorming van jou — Kunswerk.
Oor en oor oortuig jy’s bevry
maar die wurg is onsuksesvol vermy.
Voort, bestaan terwille van self !
Toeskouer van vervreemde lof,
die suis in jou ore, maak werklik doff.
Ywer moes eers vrugte stroop
om heel laas, verwronge aanvaarding te koop.
Soekend om die holte te vul
lyk soms belowend
maar dan — weer ‘n verskil.
Verwerp verskille wat vye laat wurg !
Vervyn vervorming van jou — Kunswerk !
Die wurg is onsuksesvol vermy,
Kunswerk sal eerder by die oorsprong bly.
maar — waar is dit?
Waar het vervorming dan ontstaan?
Dowwe oë moet maar laat begaan.
En dan, wanneer alles begin weg kwyn
gryp jy na gras om dit te ondermyn.
Voortbestaan tewille van self
verdeel die asem van die dowwe kant.
Nou, die grootste onduidelikheid —
die bepaling van die werklikheid.
|