|
ek en jy
Waar lê die oorsprong van jou wraak –
hoe nodig jy my seer maak.
Sonder dat selfs jy verstaan
waarom jou lem my binne gaan.
Terwyl jou hand die roller rig
vermoed ek konflik – jou siel en jou gewrig.
Maar ek voel die intensie van jou pyn
want ek kén jou gemoed –
jou horlosie se spoed.
My siel bars oop – sekondes verdwyn.
Terwyl ek worstel om te vergeet
ervaar ek konflik – my hart en my weet.
. . . dan raak dit uiteindelik stil,
en ek weeg die skaal van ons verskil.
My oë brand al van die sout, maar
die diepste brand lê aan die binne kant.
Ek droom: hoe jou asem my omvou,
hoe ek jou kén, asof ek onthou,
jou troos versmelt ons eensaamheid,
jy is my aanraking met die werklikheid!
|