button to home page of arteloo and vdlo art gallery
button to about the artist vdlo
button artwork at arteloo of artist vdlo
button to journal of artist vdlo at arteloo
guestbook of artist vdlo at arteloo
button to contact details of vdlo at arteloo
 
poetry

'n song vir jou

vdlo 2005

Vanaf die stad na die stofpad,
‘n wêrels sonder grense
Met ‘n skeppie liefde in ‘n koppie tee
het ons lighartig ‘n band gesmee

In die plaas dam langs die mielie land
of onder die Maroela op Klapper Rand
Elke oomblik was vervul gevul
en die dae oneindiglik verspul

Nou vlieg ek op vlerke van drome na jou
en wonder dan of jy ook onthou
Hoe het ons dit oor ons hart gekry
om elkeen in sy eie wêreld te bly
Ons paaie kruis so selde nou
maar ons gespe sal nooit kan vervlou
Het ons dit werklik so verkies

In die eenvoud van daardie tyd
is die band ongemerk verdiep, geweef
Ons het lank reeds gekies en nooit vergeet
dat dit iets in elke oomblik laat leef

Oor die stofpad het die bike verweer
maar die suiker was reeds in die koffie geroer
en na eenvoud verruil is vir soek en bou
het die wewer nooit ophou om die wiel woer

Eendag onverwag, het jy my hand gevat
My hart het uit my bors gespring
en vuurwerke in my oë laat sing
maar die koffie het reeds uit die koppie gespat

Kan sekerheid ooit wonder of vra
en sal dit vanselfsprekend aanhou dra
Ons het die lewe sy gang laat gaan
en geweet ons het lank reeds gekies

Nou vlieg ek op vlerke van drome na jou
en wonder dan of jy ook onthou
Hoe het ons dit oor ons hart gekry
om elkeen in sy eie wêreld te bly
Ons paaie kruis so selde nou
maar ons gespe sal nooit kan vervlou
Het ons dit werklik so verkies

back to top

button to contact details for arteloo and webmaster button to site map button to copyright of arteloo
Button to Paintings of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Drawings of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Sculptures of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Diary entries of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo
button to Poetry of arteloo artist, vdlo, Leonie van der Loo