|
'n song vir jou
Vanaf die stad na die stofpad,
‘n wêrels sonder grense
Met ‘n skeppie liefde in ‘n koppie tee
het ons lighartig ‘n band gesmee
In die plaas dam langs die mielie land
of onder die Maroela op Klapper Rand
Elke oomblik was vervul gevul
en die dae oneindiglik verspul
Nou vlieg ek op vlerke van drome na jou
en wonder dan of jy ook onthou
Hoe het ons dit oor ons hart gekry
om elkeen in sy eie wêreld te bly
Ons paaie kruis so selde nou
maar ons gespe sal nooit kan vervlou
Het ons dit werklik so verkies
In die eenvoud van daardie tyd
is die band ongemerk verdiep, geweef
Ons het lank reeds gekies en nooit vergeet
dat dit iets in elke oomblik laat leef
Oor die stofpad het die bike verweer
maar die suiker was reeds in die koffie geroer
en na eenvoud verruil is vir soek en bou
het die wewer nooit ophou om die wiel woer
Eendag onverwag, het jy my hand gevat
My hart het uit my bors gespring
en vuurwerke in my oë laat sing
maar die koffie het reeds uit die koppie gespat
Kan sekerheid ooit wonder of vra
en sal dit vanselfsprekend aanhou dra
Ons het die lewe sy gang laat gaan
en geweet ons het lank reeds gekies
Nou vlieg ek op vlerke van drome na jou
en wonder dan of jy ook onthou
Hoe het ons dit oor ons hart gekry
om elkeen in sy eie wêreld te bly
Ons paaie kruis so selde nou
maar ons gespe sal nooit kan vervlou
Het ons dit werklik so verkies
|