|
love other as you love yourself
Ek dink aan ‘goed’ en ‘kwaad’ – wat jy saai sal jy maai . . .
Dis nie iets wat ek sien of woorde wat ek hoor nie, maar eerder ‘n dieper begrip – so intens, dat ek dit as werklikheid ervaar.
Vanaf hierdie huidige ervaring, beweeg ons deur verskye – voel soos – ‘fases’, waarvan ek die ‘eerste twee” ervaar – of soort van ‘n kort uitknipsels daarvan, maar genoeg om deeglik te begryp.
. . . daarna, weet ek nie, maar hiérdie ‘fases’ het belang oor elke oomblik van ons lewe hier op aarde – en bepaal die ‘toestand’ van ons ‘gemoed’ hierna.
Dis so eenvoudig soos byvoorbeeld die uitwerking wat ons sintuie op ons het, soos om musiek te hoor. Of, die uitwerking wat die funksioneering van ons liggaam op ons het, soos om rooiwyn te drink.
In die ‘eerste fase’ speel ons lewe – elke oomblik daarvan – voor ons verby soos ‘n fliek wat op fast forward speel, ons merk nie soveel die prente of elemente nie, maar ervaar eerder die verskeie emosies – elke enkele een, spesifiek. Dit is vinnige flitse wat soos verskillende geure of kleure vermeng om ‘n algehele ‘gemoed’ te vorm.
Dít is al die emosies wat ons ervaar het tydens ons interaksie met ander op die aarde – maar ook, en hierdie was van kardinale belang, elke enkele emosie van elke oomblik van elke ander wat teenoor ons interaksie gestaan het. Dit wil sê, die emosie/s wat ons aksies mee gebring het – direk en indirek. Ons ervaar byde hierdie kante as ons eie werklikheid. Dit vorm ‘n netwerk van verskeie ervaringe – vermeng soos ‘n verskeidenheid geure of kleure, om ‘n algehele ‘gemoed’ in ons te vorm.
In die ‘tweede fase’ verdiep hierdie ervaring tot ‘n volgende dimensie waar ons elke oomblik van elke ‘eerste fase’ van elke ander teenoor wie ons geintegreer het – direk of indirek – ervaar as ons eie werklikheid.
as voorbeeld: Sou een genot of voordeel geput het ten koste van ‘n ander, of sou een, op enige manier opgetree het ten koste van ‘n ander, ervaar een, in die ‘eerste fase’, die ander se ervaring ook as eie werklikheid – direk of indirek en weedersyds.
En in die ‘tweede fase’, ervaar een en die ander mekaar se reaksie of ervaring teenoor die begrip of effek, in die ‘eerste fase’, van die oorsprinklike ervaaring.
Dit is dan duidelik in die belang van die geheel, dat die ‘doener’ optree ten goede van die ‘ontvanger’ en dat die ‘ontvanger’ verhoed dat die ‘doener’ optree ten koste van die ‘ontvanger’ – weedersyds, direk en indirek.
|