|
ek dank Liefde
In die kosmos is Liefde die oorsprong van alles. Alles is onvoorwaardelike Liefde en onvoorwaardelike Liefde is alles.
Liefde en ek vergesel van ewigheid af. Sy, gevul met alle kennis, en ek, gevul-wordend met kennis, deur my ervaringe. Selfs met die antwoorde wat Sy reeds ken, hou Sy alleenlik maar my hand styf vas, en por my aan om die vrugte van my ervaringe te smul. Selfs met my bewusheid van Haar kennis, voel ek Haar vashou van my hand en verken ek my ervaringe met dankbaarheid. Sy is die Skepper van Liefde, van Vrede en van Lig.
Het ons vergeet – het die Aanraking, die Asem van die Volmaakte Liefde verdof. Allom-Liefde berg geen aspek van jaloesie of vernyn of toorn of tug of oordeel nie. Volkome, Volmaakte, Liefde, wat in woorde, slegs gedeeltelik beskyf kan word – U koester, alleenlik ‘n hunkering as gevolg van diep Liefde. ‘n Hunkering vanwaar die hunkering van ‘n moeder verbeeld. ‘n Smag vir Haar kind om die diepte van Haar Liefde te ervaar. ‘n Liefde wat nooit ophou om vir Haar kind die pad van Liefde te wil. En in Haar Kennis weet Sy waar hierdie pad loop – en in Haar Liefde stap Sy kort agter Haar kind, om so, Haar kind aan te por na waar Sy reeds sien, sonder om Haar kind die pad te ontneem. Sy smag vir Haar kind Liefde en weet dat die smaak van die vrugte van ervaaring – die groei van Kennis is wat Liefde bring.
|