
Geheime van 'n vrou - 750mm x 650mm
OIL ON CANVAS
code: vdlo/P03 - SOLD |
Geheime van 'n vrou
Smarag van weerkaatsing in die son se lig,
soos geure van die veld.
‘n Kers wat flikker in jou binnehof,
die doolhof van jouself.
Genot in seisoene van verskeidenheid —
die patroon van fasette, wat ek soms erken.
Dit bly vir my ongelooflik interresant
hoe volkome ek wissel van hier, na ‘n ander kant.
En jy wat my ken — een van die mye wat ek ken,
oor wie is jy die malste?
Ek speel met herhinderinge van my geheime
en wonder of ek moet kies.
Diep binne die kamers van elke vrou
is ongesproke, onversadigbare gode,
waar die rondings van my borste smag
na intieme drome van wellus se mag.
Ek merk die kurwes van jou vroue lyf —
jou sagte asem oor klam lippe.
Betas, verlustig in gemeenskaplike begrip,
ek is vrou — met my vele fasette.
Dan blaai die bladsy van my seisoen
en ek wonder wat ek my nóu sal noem.
Hoe kan jý my ken of weet,
as ek mysélf, van nuutsaf moet ontleed.
Kan konsekwent in wisselvalligheid bestaan
of is dit moontlik, om maar te laat begaan?
Oneindige lyn van marionette —
ék, is vrou met my vele fasette. |